Nampak is 'n Suid-Afrikaanse onderneming gebaseer in Johannesburg wat spesialiseer in die vervaardiging en ontwerp van verpakking. Nampak is die grootste gediversifiseerde verpakkingsonderneming in Afrika. Die maatskappy vervaardig verpakkings in glas, papier, metale en plastiek. Die maatskappy se filiaal BevCan is een van die grootste produsente aluminiumblikkies in Afrika. Die filiaal DivFood is een van die grootste produsente van blikkies vir blikkieskos, spuitkannetjies en metaalhouers in Afrika. Tans fokus die maatskappy daarop om die bedrywighede na die res van Afrika uit te brei.[1]
In 2018 het die maatskappy aangekondig dat dit sy glasverpakkings afdeling sal verkoop.[2]