Nanna/Sin | ||
Wigskrif: 𒀭𒋀𒆠 of 𒂗𒍪 | ||
’n Afdruk van die silinderseel van Ḫašḫamer, die goewerneur van Iškun-Sin, c. 2100 v.C. Die sittende figuur is waarskynlik koning Ur-Nammu. Sin/Nanna kom voor in die vorm van die sekelmaan. | ||
Soort god | Mesopotamies | |
God van | die Maan | |
Kultussentrum | Ur, Harran | |
Simbool | Bul, sekelmaan, driepoot | |
Ouers | Enlil en Ninlil | |
Metgesel | Ningal | |
Kinders | Utu/Sjamasj en Inanna/Isjtar |
Nanna in Sumeries (wigskrif: 𒀭𒋀𒆠) en Sin in Akkadies (𒂗𒍪) is die maangod in die Mesopotamiese mitologie van Akkadië, Assirië en Babilonië. Hy is die seun van Enlil en Ninlil. Die twee hoofsetels van sy kultus is Ur in die suide van Mesopotamië en Harran in die noorde.