Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Natpak

Jacket and trousers of a wetsuit displayed on a cloth, The jacket has a beavertail crotch strap with metal twistlock fasteners.
'n Bewerstert-tweestuknatpak met vashegters en 'n borsritssluiter.

'n Natpak is 'n kledingstuk, gewoonlik gemaak van geskuimde neopreen, wat gedra word deur branderplankryers, onderwaterduikers, seilplankry, kanovaarders, en ander wat betrokke is by watersport en ander aktiwiteite in of op die water. Die doel daarvan is die verskaffing van termiese isolering, skuurweerstand en dryfvermoë aan die draer. Die isolasie-eienskappe is afhanklik van die gasborrels wat ingesluit is in die materiaal, wat die materiaal se vermoë om hitte te gelei verminder. Die borrels gee die natpak ook 'n laer digtheid, wat die draer se veerligtheid in die water verbeter.

Verskillende tipes duikpakke word gemaak vir verskillende gebruike en vir verskillende temperature. Pakke wissel van 'n dun (2 mm of minder) "shortie", wat net die bolyf bedek, tot 'n volle 8 mm semi-droë pak, gewoonlik aangevul deur neopreenstewels, handskoene en 'n kappie.

Die verskil tussen 'n natpak en 'n droëpak is dat 'n natpak toelaat dat water die pak binnedring, terwyl droëpakke ontwerp is om te verhoed dat water inkom, dus bly die onderklere droog en behou daarmee hulle isolerende doeltreffendheid. Natpakke kan voldoende beskerming bied in warm tot matige koue water. Droëpakke is gewoonlik duurder en meer kompleks, maar kan wel gebruik word vir beskerming in lae temperature of besoedelde water.


Previous Page Next Page






بذلة غطس Arabic Гідракасцюм BE Vestit de neoprè Catalan Neoprenová kombinéza Czech Våddragt Danish Nassanzug German Wetsuit English Traje acuático Spanish Neoprenozko jantzi EU Märkäpuku Finnish

Responsive image

Responsive image