Landsvlag | Landswapen |
---|---|
(Besonderhede) | (Besonderhede) |
Basiese gegewens | |
Ampstaal: | Duits |
Hoofstad: | Sankt Pölten |
Stigting: | 1919 |
Oppervlakte: | 19 179,56 km² (1de) (31 Desember 2019) |
Bevolking: | 1 698 796[1] (2de) (1 Januarie 2022) |
Bevolkingsdigtheid: | 89 inwoners / km² (4de) |
Bruto binnelandse produk - Totaal (2018) - % per inwoner |
61,02 miljard €[2] 36 500 € |
Werkloosheidsyfer: | 6,6 % (Junie 2022)[3] |
Buitelanders: | 10,3%[4] (1 Januarie 2020) |
Volkslied (Landeshymne): | Oh Heimat, dich zu lieben |
ISO 3166-2: | AT-3 |
Amptelike webwerf: | www.noe.gv.at |
Politiek | |
Eerste minister: | Johanna Mikl-Leitner (ÖVP) |
Regerende partye: | ÖVP, SPÖ en FPÖ |
Setels in die parlement (Landtag) (56 setels) (2018: 56 setels): |
ÖVP 23 (2018: 29) SPÖ 12 (13) FPÖ 14 (8) Die Grünen – Die grüne Alternative 4 (3) NEOS 3 (3) |
Laaste verkiesing: | 29 Januarie 2023 |
Volgende verkiesing: | 2028 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 12 |
Kaart | |
Neder-Oostenryk (Duits: Niederösterreich) is die grootste van Oostenryk se nege deelstate. Dit beslaan 'n oppervlakte van 19 179,56 km² en het 'n bevolking van 1 698 796 in 2022 gehad. Neder-Oostenryk is in 1919 na die ontbinding van Oostenryk-Hongarye gestig en is in die noordooste van Oostenryk geleë. Dit grens aan die deelstate Opper-Oostenryk in die weste, Stiermarke in die suide en Burgenland in die suidooste. In die noorde grens dit aan Tsjeggië en in die ooste aan Slowakye. Die Oostenrykse hoofstad Wene, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Neder-Oostenryk omring. Sankt Pölten is die hoofstad en met sowat 52 000 inwoners die grootste stedelike nedersetting van Neder-Oostenryk.