Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde
| ||
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in Fisiologie of Geneeskunde | |
Borg | Nobelpleging by die Karolinska Instituut | |
Land | Swede | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 10 Desember 1901 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (Sweeds: Nobelpriset i fysiologi eller medicin) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Nobelpleging by die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisiologie of geneeskunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, letterkunde en vrede.
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde tradisioneel eerste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 229 individue toegeken.[2] Nog 13 vroue het dit gekry.[3]
Een Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde-wenners, naamlik die Duitser Gerhard Domagk (1939), was deur sy regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hy sou later ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie.[4]
Die 2024-Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan Victor Ambros en Gary Ruvkun "vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in natranskripsionele geenregulering".[5]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vanaf 1901 tot op hede. In 1915–1918, 1921, 1925 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's