Nobelprys vir Letterkunde
| ||
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in letterkunde | |
Borg | Sweedse Akademie | |
Land | Swede | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 10 Desember 1901 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die Nobelprys vir Letterkunde (Sweeds: Nobelpriset i litteratur) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Akademie toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van letterkunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, fisiologie of geneeskunde en vrede.
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Letterkunde tradisioneel vierde en op 'n Donderdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 121 individue toegeken.[2] Nog 18 vroue het dit gekry.[3]
Toe die 1958-Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken is, is die Russiesgebore Boris Pasternak onder druk van die regering van die Sowjetunie gedwing om die toekenning in die openbaar te verwerp. In 1964 het die Franse Jean-Paul Sartre bekendgemaak dat hy die Nobelprys vir Letterkunde nie wou aanvaar nie,[4] aangesien hy al die amptelike eerbewyse in die verlede konsekwent geweier het.[5] Die Nobelpryskomitee erken egter nie weiering nie, en sluit Pasternak en Sartre in sy lys van Nobelpryswenners in.[6]
Die 2024-Nobelprys vir Letterkunde is toegeken aan Han Kang "vir haar intense poëtiese prosa wat historiese traumas konfronteer en die broosheid van die menslike lewe blootlê".[7]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[8] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Letterkunde vanaf 1901 tot op hede. In 1914, 1918, 1935 en 1940–1943 is die prys nie toegeken nie; die toekennings van 1915, 1919, 1925–1927, 1936, 1949 en 2018 is in die volgende jaar toegeken.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's – Vroue – Nooit dié prys ontvang nie