Noordeiland Inheemse naam: North Island (Engels) Te Ika-a-Māui (Māori) | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Nieu-Seeland se Noordeiland | |
Geografie
| |
Ligging | Nieu-Seeland, Oseanië en Stille Oseaan |
Koördinate | 38°24′S 175°43′O / 38.400°S 175.717°O |
Argipel | Nieu-Seeland
|
Oppervlakte | 113 729 vk km |
Hoogste punt | Mount Ruapehu 2 795 m |
Administrasie | |
Nieu-Seeland
| |
Demografie | |
Bevolking | 3 749 200
|
Bevolkingsgroepe | Europeërs en Maori |
Die wêreld se 14de grootste eiland en die tweede grootste eiland van Nieu-Seeland |
Die Noordeiland (Engels: North Island, Māori: Te Ika-a-Māui[1]) vorm saam met die Suideiland die twee hoofeilande van Nieu-Seeland; hulle word deur die Cookstraat van mekaar geskei. Die Noordeiland het 'n oppervlakte van 113 729 km² en 'n bevolking van 3 749 200 in 2018 gehad. Dit is die 14de grootste eiland ter wêreld, die tweede grootste van Nieu-Seeland en die mees bevolkte eiland van die eilandstaat.
Die Noordeiland grens in die weste aan die Tasmansee en in die ooste aan die oop Suidelike Stille Oseaan. Oorkant die Tasmansee is Australië geleë.
Die Māorinaam van die eiland (Te Ika-a-Māui) beteken "die vis van die Māui", wat van die vorm van die eiland afgelei is. Die twee grootste stede op die Noordeiland is Auckland (1 377 200) en Wellington (393 400).