Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Nuwekloofpas

Nuwekloofpas
Ligging Tussen Gouda en Tulbagh.
Maksimumhelling 1:18
Hoogte 130 m
Ingenieur Thomas Bain
Begin in 1859
Verbou 1859, 1968
In Ontongskop
Pad R44

Nuwekloofpas (ook bekend as Tulbaghkloof en Roodezandkloof) is 'n bergpas wat in die vallei van die Klein-Bergrivier loop. Ook die spoorlyn na die noorde volg hierdie roete. Dit verbind die R44 vanaf Wellington met die R46 wat na Tulbagh lei. Gouda lê by die westelike ingang van die kloof. Reeds in die middel van die 18de eeu is die kloof deur ossewaens gebruik om die Land van Waveren te bereik. In 1859 het Thomas Bain die roete uitgemeet. In die jare 1966 tot 1968 is die pas ingrypend verbeter. Dus bereik die pad nou 'n hoogtepunt van 130 m bo seevlak en 'n gemaklike maksimum helling van 1:18.


Previous Page Next Page






Nuwekloof Pass (Western Cape) English

Responsive image

Responsive image