Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Obsessief-kompulsiewe steuring

Obsessief-kompulsiewe steuring
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Voortdurende handewassery is ’n teken van obsessief-kompulsiewe steuring.
’n Voortdurende handewassery is ’n teken van obsessief-kompulsiewe steuring.
ICD-10 F42
ICD-9 300.3
DiseasesDB 33766
MedlinePlus   000929
eMedicine article/287681
MeSH D009771
Mediese waarskuwing

Obsessief-kompulsiewe steuring (OKS, Engels: OCD) is ’n angssteuring wat gekenmerk word deur indringende gedagtes wat ongemak, ongerustheid, vrees of kommer tot gevolg het, asook herhaalde gedrag wat daarop gemik is om die gepaardgaande ongerustheid te verminder, of ’n kombinasie van sulke obsessies en kompulsies. Simptome van die steuring sluit in ’n voortdurende gewas of skoonmaak, herhaalde seker maak dat iets in orde is, ekstreme opgaring, ’n preokkupasie met gedagtes, ’n afkeer van sekere syfers en senuagtige rituele soos die oop- en toemaak van ’n deur ’n sekere aantal kere voordat hulle ’n kamer binnegaan of verlaat.

Hierdie simptome kan hulle van ander mense vervreem of kan tydrowend wees, en dit veroorsaak dikwels groot emosionele en finansiële kommer. Die handelings van iemand met OKS kan paranoïes en moontlik psigoties voorkom. Die meeste OKS-lyers erken egter hul obsessies en kompulsies as irrasioneel en dit kan hulle nog angstiger maak.

Obsessief-kompulsiewe steuring raak kinders, tieners en volwassenes. Sowat ’n derde tot die helfte van volwassenes met OKS meen dit het in hul kindertyd begin, en dit dui op ’n voortduring van die steuring oor ’n leeftyd.[1]

  1. Stewart SE, Rosario MC, Brown TA, Carter AS, Leckman JF, Sukhodolsky D, Katsovitch L, King R, Geller D, Pauls DL (2007). "Principal components analysis of obsessive-compulsive disorder symptoms in children and adolescents". Biol. Psychiatry. 61 (3): 285–91. doi:10.1016/j.biopsych.2006.08.040. PMID 17161383.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Previous Page Next Page