Odda | |
---|---|
Uitsig oor die dorp | |
Koördinate: 60°04′09″N 6°32′44″O / 60.0691°N 6.5456°O | |
Land | Noorweë |
Streek | Wes-Noorweë |
Provinsie | Vestland |
Distrik | Hardanger |
Munisipaliteit | Ullensvang-munisipaliteit |
Gestig as | |
By (dorp) | 2004 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,82 km2 (1,09 vk. myl) |
Hoogte | 3 m (10 ft) |
Bevolking (2019)[1] | |
• Totaal | 4 876 |
• Digtheid | 1 729/km2 (4 480/vk. myl) |
Demoniem(e) | Odding |
Tydsone | UTC+01:00 (SET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (SEST) |
Poskode | 5750 Odda |
Odda is 'n dorp in Ullensvang-munisipaliteit in die provinsie Vestland, Noorweë. Die dorp is die administratiewe sentrum van die munisipaliteit en die grootste stedelike gebied in die hele Hardanger-distrik. Die dorp is geleë aan die suidelike punt van die Sørfjord, in 'n nou vallei tussen steil berge en die meer Sandvinvatnet in die suide. Die groot Folgefonna-glester is net wes van Odda, hoog in die berge geleë. Die gehug Odda is in 2004 as dorp verklaar.[3]
Die stad beslaan 2,82 km2 en het in 2019 'n bevolking van 4 876 en 'n bevolkingsdigtheid van 1 729 per km2.[1] Die dorp bevat ook die Eitrheim-omgewing, net noordwes van die middestad.[4] Odda-kerk is in die middedorp geleë. Noorse Nasionale Pad 13 is die hoofweg wat deur die dorp loop.