Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Olyf

Olyfboom
Olea europaea subsp. europaea
Olea europaea, Dooie See, Jordanië
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Oleaceae
Genus: Olea
Spesie:
O. europaea
Binomiale naam
Olea europaea
Olea europaea subsp. europaea in groen
Illustrasie uit die 19de eeu

Die olyf (Olea europaea subspesie europaea) is 'n klein boomspesie in die familie Oleaceae wat inheems is aan die kusgebiede van die oostelike Mediterreense bekken, sowel as die Levant, die noorde van Saoedi-Arabië, die noorde van Irak, en die noorde van Iran, suid van die Kaspiese See. Hierdie subspesie is veredel en word nêrens wild aangetref nie.

Olea europaea beteken "olie uit Europa", en die woord olyf is afgelei van die Latyns olīva wat ontleen is aan die Grieks ἐλαία (d.i. elaia).[2] Die woord "olie" word in verskeie tale uiteindelik afgelei van die naam van hierdie boom en sy vrugte. Hierdie boom en sy vrugte verleen ook hul naam aan die plantfamilie, Oleaceae, wat die wydverspreide olienhout-subspesie, wildejasmyn, ysterhout en die Europese es (Fraxinus excelsior) insluit.

Die gewilde vrugte, ook bekend as olywe, is benewens van grootste belang vir landbou in die Middellandse Seestreek as die bron van olyfolie. Dit word reeds vir etlike millennia verbou, en 'n enkele olyfboom kan beslis eeue, maar miskien duisende jare oud word.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named iucnredlist
  2. ἐλαία, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus project

Previous Page Next Page






Olivenbaum ALS ወይራ AM Olea europaea AN زيتون Arabic ܙܝܬܐ ARC زيتون (نبات) ARZ Olea europaea AST Avropa zeytunu AZ آوروپا زئیتونو AZB Масліна еўрапейская BE

Responsive image

Responsive image