Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ontwikkelaar

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Kragopwekker.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

'n Ontwikkelaar is 'n toestel waarmee elektrisiteit, gas of stoom voortgebring word. Bekende ontwikkelaars is byvoorbeeld die by termo - en hidroëlektriese kragsentrales waarmee 220 V ontwikkel word, asook stoomketels (of selfs gewone huishoudelike ketels) waarmee stoom voortgebring kan word.

Daar word voortdurend met veral elektriese ontwikkelaars geëksperimenteer met die oog daarop om die meganiese arbeid (waarby meganismes byvoorbeeld roteer) by konvensionele kragsentrales uit te skakel, asook om energie te probeer bespaar. 'n Opwindende ontwikkeling is die van magnetohidrodinamiese (MHD) ontwikkelaars, waarby beoog word om elektrisiteit sonder 'n meganiese ontwikkelaar en boonop deur middel van kernenergie te ontwikkel.


Previous Page Next Page








Responsive image

Responsive image