Piet Welgemoed | |
Lid van die Nasionale Vergadering
| |
Ampstermyn 1994 – 1996 | |
President | Nelson Mandela |
---|---|
Minister van Vervoer
| |
Ampstermyn 1991 – 1994 | |
President | F.W. de Klerk |
Opgevolg deur | Mac Maharaj |
Minister van Pos- en Telekommunikasiewese
| |
Ampstermyn 1992 – 1994 | |
President | F.W. de Klerk |
Opgevolg deur | Pallo_Jordan |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 Maart 1943 Jansenville, Kaapprovinsie |
Politieke party | Nasionale Party |
Pieter Johannes Welgemoed (gebore op 9 Maart 1943 in Jansenville, Kaapprovinsie, Suid-Afrika) is 'n voormalige professor in vervoerekonomie, Suid-Afrikaanse sakeman en politikus, en lid van die Nasionale Party.
Hy is as lid van die volksraad verkies in die kiesafdeling van Primrose (1981-1994), en was adjunkminister van mynbou en energie en openbare ondernemings (1989-1991) en vervoer (1990-1991), minister van vervoer (1991-1994) en minister van telekommunikasie (1992-1994) in die kabinet van F.W. de Klerk.