Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Pieter van der Merwe

Ds. Pieter van der Merwe, leraar van die NG gemeente Beaufort-Wes van 1896 tot 1904. Merweville is na hom genoem.

Ds. Pieter van der Merwe (12 Oktober 1860 - Somerset-Wes, 17 Junie 1940) was 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer agt jaar lank in die NG gemeente Beaufort-Wes, waar hy die sesde leraar in die gemeente se 76 jaar lange bestaan geword het. Die gemeente Merweville is na hom genoem.

Van der Merwe het in 1882 saam met vyf ander voornemende predikante hul studie aan die Kweekskool op Stellenbosch begin. In 1886 is hy gelegitimeer en is later getroud met 'n dogter van prof. John Murray van die Kweekskool en een van ds. Andrew Murray se vyf seuns van predikant geword het. Sy skoonpa het hom dan ook al die jare getrou bygestaan in die bediening. Ná 'n paar maande as hulpprediker op Wellington het ds. Van der Merwe in 1887 'n beroep na Britstown aangeneem, 'n gemeente wat toe maar tien jaar oud was.


Previous Page Next Page








Responsive image

Responsive image