Trappiramide van Djoser | |
---|---|
Die Trappiramide van Djoser
| |
Datum | 2667-2648 v.C. |
Hoogte | 62 m |
Basis | 125,27 m (groter) 109,12 m (kleiner) |
Die Piramide van Djoser, of die Trappiramide (Antieke Egipties: kbhw-ntrw) is ’n piramide by Saqqara, Egipte, noordwes van die stad Memphis. Dit is in die 27ste eeu v.C. gebou as die graf van farao Djoser deur Imhotep, onder meer sy raadgewer en argitek. Dit is die sentrale konstruksie van ’n groot begrafniskompleks en word omring deur seremoniële strukture en versierings.
Hierdie eerste Egiptiese piramide bestaan uit ses mastabas wat bo-op mekaar gebou is en al hoe kleiner word na bo. Dit was aanvanklik 62 m hoog met ’n basis van 109 x 125 m, en was afgewerk in blink, wit kalksteen.[1] Die sogenaamde Trappiramide word beskou as die eerste grootskaalse steenkonstruksie ter wêreld.[2]