Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.
Pluto se natuurlike satelliete
Die relatiewe grootte van die Pluto-stelsel.
Pluto het vyf bekende natuurlike satelliete. Die grootste, Charon, is die grootste satelliet sover bekend in verhouding tot ’n voorwerp met planetêre massa waarom dit wentel. Pluto en Charon het ook permanent dieselfde kante na mekaar gedraai. Die ander mane, Nix, Hidra, Kerberos[1] en Styx is baie kleiner.[2] Laasgenoemde is die jongste Pluto-maan wat ontdek is, soos aangekondig op 11 Julie 2012.[3][4]
↑Schilling, Govert (20 Junie 2006). "Pluto's Twins Get Their Names" (in Engels). ScienceNOW Daily News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2008. Besoek op 21 Junie 2006.