Prins Albert | |
---|---|
'n Uitsig oor Prins Albert | |
Koördinate: 33°13′31″S 22°01′48″O / 33.22528°S 22.03000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Sentraal Karoo |
Plaaslike Munisipaliteit | Prins Albert |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,70 km2 (14,56 vk. myl) |
Hoogte | 650 m (2 130 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 054 |
• Digtheid | 187/km2 (480/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 6930 |
Skakelkodes | 023 |
Prins Albert (Engelse spelling: Prince Albert) is 'n dorp in die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit in die suide van die Karoo, net noord van die Swartberg, met ongeveer 7 000 inwoners, onder wie 6 000 bruin mense en 800 wit mense.[1] Die belangrikste dorpe in die omgewing is Beaufort-Wes (159 km van Prins Albert af), Willowmore (134 km) en Oudtshoorn (72 km).