Pungwerivier Rio Púnguè (pt) | |
---|---|
Kronkels in die Pungwerivier
| |
Stroomgebied | Zimbabwe en Mosambiek |
Oorsprong | Oostelike Hooglande (Zimbabwe) |
Monding | Indiese Oseaan, Beira |
Lengte | 400 km |
Oorsprong-hoogte | 1 500 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Koördinate: 19°51′55″S 34°49′7″O / 19.86528°S 34.81861°O |
Pungwerivier (Portugees: Rio Púnguè) is 'n 400 km-lange rivier in Zimbabwe en Mosambiek.[1][2] Dit ontspring onder die Nyanganiberg in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe en vloei dan suidooswaarts deur die provinsies Manica en Sofala van Mosambiek. Die Pungwe bereik die Uremavallei, die suidelikste gedeelte van die Groot Skeurvallei, waar dit die suidelike grens van die Gorongosa Nasionale Park vorm. Die Uremarivier sluit daarby aan, en die rivier volg die skeurvallei suidwaarts. Groot seisoenale vleilande vorm rondom die Pungwe- en Urema-riviere in die skeurvallei. Dit mond uit in die Mosambiekkanaal by Beira en vorm 'n groot riviermonding saam met die Buzirivier. Dit is een van die belangrikste riviere van Mosambiek en veroorsaak dikwels oorstromings.[1][2]