IATA: | QR |
ICAO: | QTR |
Roepsein: | QATARI |
Slagspreuk: | World's 5-star airline |
Gestig: | 22 November 1993 |
Onderneming: | Staatsbesit |
Dogtermpye: |
|
Hoofkwartier: | Qatar Airways Towers, Doha |
Hooflughawe: | Hamad Internasionale Lughawe |
Voorsitter: | Akbar Al Baker |
Passasiers | |
Omset | QR 51 121 miljoen (Maart 2020)[1] |
Netto inkomste: | QR -1 129 miljoen (Maart 2020)[1] |
Totale bates | QR 127 482 miljoen (Maart 2020)[1] |
Werknemers | 50 110 |
Alliansie: | Oneworld Alliance |
Bestemmings: | 173 |
Vloot: | 234 vliegtuie |
Webtuiste: | http://www.qatarairways.com/ |
Qatar Airways Maatskappy Q.C.S.C. (Arabies: القطرية, Al Qatariyah [2]), wat as Qatar Airways handel dryf, is die staatsbeheerde lugredery en vlagdraer van Katar. Met sy hoofkwartier in die Qatar Lugdienstoring in Doha,[3] bedryf die lugredery 'n spilpunt-en-speeknetwerk wat meer as 100 internasionale bestemmings regoor Afrika, Sentraal-Asië, Europa, die Verre Ooste, Suid-Asië, die Midde-Ooste, Noord-Amerika, Suid-Amerika en Oseanië met sy basis in Doha verbind, met behulp van 'n vloot van meer as 150 vliegtuie.
Die lugredery het meer as 30 000 werknemers met 17 000 personeel in direkte diens en 'n verdere 13 000 by sy filiale.[4] Op 8 Oktober 2012 het die uitvoerende hoof, Akbar Al Baker, aangekondig dat Qatar Airways by die "Oneworld Alliance" gaan aansluit. Die redery het net een jaar later, op 30 Oktober 2013, 'n volwaardige lid geword.[5]
Qatar Airways is as die wêreld se beste lugredery aangewys by die "Skytrax World Airline Awards 2022".