Raffia | |
---|---|
R. australis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Subtribus: | |
Genus: | Raphia |
Spesies | |
Sien teks. |
Raphia is ’n genus van 22 spesies palms wat inheems aan tropiese streke van Afrika, veral Madagaskar, is. Een spesie (R. taedigera) kom ook in Sentraal- en Suid-Amerika voor.[1]
R. taedigera is die bron van raffia, vesels van die blare wat vir weefwerk gebruik word. Dié spesie dra ook ’n vrug.[2]
Die bome word tot 16 m hoog en is bekend vir hul saamgestelde veeragtige blare, die langste in die planteryk; die blare van R. regalis word tot 25 m lank[3] en 3 m breed. Die plante blom net een keer en gaan dood wanneer die sade ryp is.