Rjoerik | |
---|---|
Grootprins van Nowgorod | |
Periode | 864 - 879 |
Voorganger | Geen |
Opvolger | Oleg |
Huis | Rjoerik |
Moeder | Oemila |
Gebore | c. 830 |
Oorlede | c. 879 |
Rjoerik, Rurik of Hroerekr (Oudnoors: Rørik; Russies: Рюрик) was 'n Warangiër (Wiking) wat in 862 oor Ladoga (tans Staraja Ladoga) begin heers het. Daarna het hy die Holmgard-vesting naby Nowgorod gebou en die Rjoerik-dinastie gestig wat tot in die 16de eeu oor Kiëf-Roes en daarna Rusland regeer het. Die naam Rjoerik beteken "beroemde heerser". Sy presiese geboorte- en sterfdatum is nie bekend nie, maar die jaartalle 830 en 879 word dikwels genoem.