Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Robinsonpas

Robinsonpas
’n Beeld van die betrokke bergpas.
Uitsig van Robinsonpas af op die Outeniekwaberge

Ligging Tussen Oudtshoorn in die Klein Karoo
Maksimumhelling 1:14
Hoogte 859m
Oppervlak Teer
Ingenieur Thomas Bain
Begin in 1866
Voltooi in 4 Junie 1869
In Outeniquaberge
Pad R328

Robinsonpas is ‘n pas op die R328-streekroete oor die Outeniquaberge tussen Oudtshoorn in die Klein-Karoo en Mosselbaai aan die kus. Die hoogste punt op 859 m is 45 km van Oudtshoorn. ‘n Maksimum-helling van 1:14 word bereik.

Weens ‘n gebrek aan ervaring het die Afdelingsraad van Mosselbaai in 1866 hul eie pogings om by Ruiterbos ‘n pas oor die Outeniquas te bou laat vaar. In Februarie 1867 het Thomas Bain en ‘n span gevangenes die werk van die Afdelingsraad voortgesit, verbeter en die roete op die suidelike helling aangepas. Die pad is met 8 km verleng om aan die noordekant by die pad via die Attakwaskloof aan te sluit. Op 4 Junie 1869 is die nuwe pad en pas geopen en vernoem na die inspekteur van openbare werke in die Kaapkolonie, M.R. Robinson. Tussen 1958 en 1962 is die pas aansienlik verbeter en die oppervlakte geteer. Op die suidelike helling is by Bain se roete gehou, maar aan die Klein-Karoo-kant is die pad so verlê dat die afstand na Oudtshoorn aansienlik verkort is.

Ligging van Robinsonpas

Previous Page Next Page






Robinson Pass CEB Robinson-Pass (Südafrika) German Col Robinson French

Responsive image

Responsive image