Die roebel (Russies: рубль, roebl) is ’n geldeenheid wat tans in Rusland, Belarus en Transnistrië gebruik word. Dit was ook van 1917 tot 1991 die geldeenheid van die Sowjetunie. Een roebel bestaan uit 100 kopeks.
Op 1 Januarie 1998 is die roebel gedevalueer weens hiperinflasie. Die nuwe roebel was gelyk aan 1 000 ou roebels. Die moderne roebel word uitgegee deur Rusland se Bank Rossii.