Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Rolls-Royce RB211

RB211
'n Rolls-Royce RB211 22C
Tipe Turbowaaier
Vervaardiger Rolls-Royce plc
Ontwerp deur Rolls-Royce plc
Nooiensvlug 1969
Status Vervaardiging gestaak
Hoofgebruikers Lockheed L-1011 TriStar
Boeing 747-400
Boeing 757
Boeing 767
Toepolef Tu-204

Die Rolls-Royce RB211 is 'n familie van hoë-omleidingturbowaaier vliegtuigenjins wat deur Rolls-Royce plc vervaardig is en 37 400 tot 60 600 lbf (166-270 kN) stukrag lewer.

Dit is in diens gestel in 1972 nadat dit oorspronklik vir die Lockheed L-1011 TriStar ontwikkel is, die enigste enjin om dié soort vliegtuig aan te dryf. Die RB211 enjin was die eerste driespoelenjin, dit het Rolls-Royce verander van 'n belangrike speler tot 'n wêreldleier in die vliegtuigenjinbedryf. Die maatskappy het reeds in die vroeë 1970's gereken dat die enjin in staat was om ten minste 50 jaar se volgehoue ​​ontwikkeling te deurloop. [1][2]

Die RB211 is amptelik in die 1990's deur die Rolls-Royce Trent-familie van enjins vervang, die konseptuele nageslag van die RB211. [1]

  1. 1,0 1,1 How to Build a Jet Engine [Televisieproduksie]. BBC.
  2. William Lazonick and Andrea Prencipe, "Dynamic Capabilities and Sustained Innovation: Strategic Control and Financial Commitment at Rolls-Royce plc", Industrial and Corporate Change, 14, 3, 2005: 1-42.

Previous Page Next Page