Romani romani ćhib | ||
---|---|---|
Gepraat in: | verskeie Europese lande | |
Gebied: | Sentraal- en Oos-Europa | |
Totale sprekers: | 3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Hindoestani Romani | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Kosovo[2] (plaaslik) Noord-Masedonië[3] (plaaslik) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | rom
| |
ISO 639-3: | rom
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Romani of Romanes (romani ćhib) is 'n Indo-Ariese taal wat hoofsaaklik in Sentraal- en Oos-Europa deur 3 miljoen Roma gepraat word. Dit is verwant aan Hindi en Oerdoe. In Kosowo en Noord-Masedonië word Romani as plaaslike ampstaal erken en in Duitsland,[4] Finland, Hongarye,[5] Noorweë, Oostenryk, Roemenië, Slowenië en Swede[6] word Romani amptelik as minderheidstaal erken.
Die belangrikste dialekte (volgens moedertaalsprekers) is: Vlax-Romani (500 000[7]), Balkan-Romani (600 000[8]) en Sinte-Romani (300 000[9]). Die verskille tussen verskeie variëteite is so groot soos, byvoorbeeld, die verskille tussen verskeie Slawiese tale.[10]