Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Roosolie

Die Damasseense roos (Rosa damascena) is 'n hibriedroos wat reeds in die antieke tydperk in Klein-Asië gekultiveer en deur 13de eeuse kruisvaarders in Frankryk ingevoer is. Dit word tans veral in Bulgarye gekweek
'n Deursigtige flessie met roosolie wat uit die bloeisels van Rosa damascena ontgin is

Roosolie is 'n kosbare eteriese olie wat deur middel van waterdamp-distillasie uit die blomblaartjies van vars rose verkry word. Die twee roos-soorte, waarvan die olie hoofsaaklik berei word (Rosa centifolia en Rosa damascena), word vandag veral in die Bulgaarse Vallei van Rose, in Frankryk, Turkye en Marokko gekweek. Daarnaas produseer ook Iran, Afghanistan, Georgië, die Oekraïense Krimskiereiland en die Russiese Federasie noemenswaardige hoeveelhede roosolie.

Ondanks sy hoë prys (in 2011 was die gemiddelde groothandelsprys sowat ZAR 300 tot ZAR 500 per 1 milliliter) en nuwe tegnieke vir organiese sintese is natuurlike roosolie steeds een van die mees gebruikte eteriese olies in die parfuumbedryf. Roosolie word daarnaas ook vir farmaseutiese en geneeskundige doeleindes gebruik en speel as geurmiddel 'n belangrike rol in die kookkuns van die Nabye Ooste, maar ook by die produksie van marsepein en sekere likeurs.


Previous Page Next Page






زيت الورد Arabic Ружавы алей BE Розово масло Bulgarian Oli de rosa Catalan Růžový olej Czech Кĕлчечек çăвĕ CV Rosenöl German Rose oil English Rozoleo EO Aceite de rosas Spanish

Responsive image

Responsive image