Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


S2 (ster)

S2
'n Beeld van die galaktiese middelpunt, met die posisie van S2 aangedui. Erkenning: ESO / Max Planck-instituut vir Buiteaardse Fisika / Gillessen et al.
'n Beeld van die galaktiese middelpunt, met die posisie van S2 aangedui.
Erkenning: ESO / Max Planck-instituut vir Buiteaardse Fisika / Gillessen et al.
Sterrebeeld Boogskutter
Spektraaltipe B0-2 V[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 45m 40.0442s[2]
Deklinasie −29° 00′ 27.975″[2]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) Byna 26 000[3]
Ander name
[CRG2004] 13, [GKM98] S0–2, [PGM2006] E1, [EG97] S2, [GPE2000] 0.15, [SOG2003] 1, S0–2.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

S2, ook bekend as S0-2, is 'n ster in die sterreswerm naby Sagittarius A*, die supermassiewe swartkolk in die middel van die Melkweg. Dit wentel in 'n tydperk van 16,0518 jaar om die swartkolk, met 'n halwe lengteas van sowat 970 AE en 'n perisentrum (naaste afstand) van 17 ligure of 120 AE. Sy wentelperiode is net 30% langer as dié van Jupiter om die Son, maar dit kom nie nader as omtrent vier keer die afstand van Neptunus van die Son af nie. Die massa van die ster toe dit gevorm het, word deur die Europese Suidelike Sterrewag (ESO) geraam op sowat 14 M (sonmassas).[4]

Die veranderende skynbare posisie van die ster word sedert 1995 deur twee groepe gemonitor (by die UCLA en die Max Planck-instituut vir Buiteaardse Fisika) as deel van 'n poging om bewyse te kry vir die bestaan van 'n supermassiewe swartkolk in die middel van die Melkweg. Die bewyse dui al hoe meer aan dat Sgr A* deel van so 'n swartkolk is. Teen 2008 is S2 vir 'n hele omwenteling waargeneem.[5]

'n Span sterrekundiges, hoofsaaklik van die Max Planck-instituut, het waarnemings van S2 se wenteldinamika om Sgr A* gebruik om die Aarde se afstand van die galaktiese middelpunt af te meet. Hulle het bepaal dié afstand is byna 26 000 ± 2 000 ligjare (7,94 ± 0,42 kiloparsek), wat baie nou ooreenstem met vorige berekenings.[3][6] Dié afstand is belangrik in die kalibrering van astronomiese afstandskale.

S2 is presies gemonitor tydens sy nabye afstand in Mei 2018 van Sgr A* af, en die resultate stem ooreen met voorspellings volgens algemene relatiwiteit.[7]

  1. Paumard, T.; Genzel, R.; Martins, F.; Nayakshin, S.; Beloborodov, A.M.; Levin, Y.; Trippe, S.; Eisenhauer, F.; Ott, T.; Gillessen, S.; Abuter, R.; Cuadra, J.; Alexander, T.; Sternberg, A. (2006). "The two young star disks in the central parsec of the galaxy: Properties, dynamics, and formation". The Astrophysical Journal. 643 (2): 1011–1035. arXiv:astro-ph/0601268. Bibcode:2006ApJ...643.1011P. doi:10.1086/503273. S2CID 14440768.
  2. 2,0 2,1 Schödel, R.; Merritt, D.; Eckart, A. (2009). "The nuclear star cluster of the Milky Way: Proper motions and mass". Astronomy & Astrophysics. 502 (1): 91–111. arXiv:0902.3892. Bibcode:2009A&A...502...91S. doi:10.1051/0004-6361/200810922. S2CID 219559.
  3. 3,0 3,1 Eisenhauer, F.; et al. (2003). "A Geometric Determination of the Distance to the Galactic Center". The Astrophysical Journal. 597 (2): L121–L124. arXiv:astro-ph/0306220. Bibcode:2003ApJ...597L.121E. doi:10.1086/380188.
  4. Habibi, M.; et al. (2017). "Twelve years of spectroscopic Monitoring in the galactic center: The closest look at S-stars near the black hole". The Astrophysical Journal. 847 (2): 120. arXiv:1708.06353. Bibcode:2017ApJ...847..120H. doi:10.3847/1538-4357/aa876f. S2CID 119078556.
  5. A short documentary on Sagittarius A* op YouTube
  6. "Galactic Center Research" (PDF). Infrared/Submillimeter Astronomy. Max-Planck-Institut für extraterrestrische Physik. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 September 2006. Besoek op 26 Maart 2013.
  7. Do, Tuan; et al. (16 Augustus 2019). "Relativistic redshift of the star S0–2 orbiting the Galactic center supermassive black hole". Science. 365 (6454): 664–668. arXiv:1907.10731. Bibcode:2019Sci...365..664D. doi:10.1126/science.aav8137. PMID 31346138.

Previous Page Next Page






S2 (نجم) Arabic S2 (estrella) AST এস২ (তারা) Bengali/Bangla S2 (estrella) Catalan S2 (Stern) German S2 (star) English S2 (estrella) Spanish S2 (izarra) EU ستاره اس۲ FA S2 (étoile) French

Responsive image

Responsive image