Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Salomonseilande

Salomonseilande
Solomon Islands (Engels)
Solomon Aelan (Pijin)
Vlag van die Salomonseilande Wapen van die Salomonseilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: To Lead is to Serve
(Engels vir: "Om te lei is om te dien")
Volkslied: God Save Our Solomon Islands[1][2]
(Engels vir: "God beskerm ons Salomonseilande")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van die Salomonseilande
Hoofstad Honiara

9°28′S 159°49′O / 9.467°S 159.817°O / -9.467; 159.817

Grootste stad Honiara
Amptelike tale Engels en Pijin
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
David Tiva Kapu
Jeremiah Manele
Onafhanklikheid
7 Julie 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
28 896[3] km2  (143ste)
11 157 myl2
3,2
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2019-sensus
 - Digtheid
 
726 799[3] (167ste)
720 956
24,2 / km2 (200ste)
62,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$2,056 miljard[4]
$2 713[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1,707 miljoen[4]
$2 253[4]

MOI (2022) 0,562[5] (156ste)  –  medium
Gini (2012) 37,1[6] –  medium
Geldeenheid Dollar (SBD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+11)
nie toegepas nie (UTC+11)
Internet-TLD .sb
Skakelkode +677

Die Salomonseilande (Engels: Solomon Islands; Pijin: Solomon Aelan) is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 28 896 km² en 'n bevolking van 726 799 in 2024. Die Salomonseilande is oos van Papoea-Nieu-Guinee, suid van Nauru, wes van Tuvalu, noord van Vanuatu en noordoos van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Honiara, geleë op die eiland Guadalcanal.

Kaart van die Salomonseilande
Kaart van die Salomonseilande in 1989 (CIA)
Kaart van die Salomonseilande se administratiewe gebiede

Die Salomonseilande bestaan uit ses hoofeilande en meer as 900 kleiner eilande. Dié land se naam is afgelei van die gelyknamige argipel, wat tot Melanesië behoort en nog die Noordelike Salomonseilande rondom Bougainville insluit, wat tot Papoea-Nieu-Guinee behoort. Die Salomonseilande word deur die Koraalsee in die weste en die Salomonssee in die suide begrens. In die noorde is die oop Suidelike Stille Oseaan geleë.

In 1568 het die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira die eilande vir Europa ontdek en na die Bybelse koning Salomo Islas Salomón genoem.[7] In Junie 1893 het die Salomonseilande onder Britse invloed gekom, nadat die Suidelike Salomonseilande deur kaptein Gibson R.N. van die HMS Curacoa tot Britse protektoraat verklaar is.[8] Tydens die Tweede Wêreldoorlog het gedurende die Salomonseilande-veldtog (1942–1945) tussen die Verenigde State en die Japannese Keiserryk hewige gevegte plaasgevind, soos die Slag van Guadalcanal. Op 7 Julie 1978 het die Salomonseilande van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Die Salomonseilande is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Charles III van die Verenigde Koninkryk as staatshoof.

  1. (en) "Solomon Islands National Anthem Lyrics". Lyrics On Demand. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2019. Besoek op 8 Julie 2019.
  2. (en) "National Parliament of Solomon Islands Daily Hansard: First Meeting – Eighth Session Tuesday 9th May 2006" (PDF). www.parliament.gov.sb. 2006. p. 12. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2012. Besoek op 8 Julie 2019.
  3. 3,0 3,1 (en) "Solomon Islands". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Mei 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Solomon Islands". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 6 Mei 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 6 Mei 2024.
  6. (en) "Gini index – Solomon Islands". Wêreldbank. Besoek op 6 Mei 2024.
  7. (en) "Alvaro de Mendaña de Neira, 1542?–1595". Princeton University Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 8 Julie 2019.
  8. (en) Commonwealth and Colonial Law by Kenneth Roberts-Wray, London, Stevens, 1966. bl. 897

Previous Page Next Page