Sandrivier Polokwanerivier | |
---|---|
Stroomgebied | Limpopo, Suid-Afrika |
Monding | Limpoporivier |
Oorsprong-hoogte | 2 039 m |
Monding-hoogte | 418 m |
Koördinate: 22°18′51.8″S 30°7′42.7″O / 22.314389°S 30.128528°O |
Die Sandrivier is 'n belangrike takrivier van die Limpoporivier in die noorde van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die opvanggebied van die Sand word op 15 630 km2 bereken.[1]
Die rivier se ander naam, die "Polokwanerivier", is homoniem met die naam van die stad Polokwane, voorheen Pietersburg, ongeveer 200 kilometer stroomop van sy monding. Die Sandrivier vloei net wes van die stad verby, nadat dit verder suidwaarts onderdeur die N1-hoofpad gevloei het.