Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Sarajevo

Sarajevo
Сарајево

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
 Koördinate 43°52′N 18°25′O / 43.867°N 18.417°O / 43.867; 18.417
 Stigting 1461
 Oppervlakte:  
 - Totaal 141,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 518 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 448 646
 - Bevolkingsdigtheid 2 157,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied 688 354
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Ivo Komšić (SDU)
 Amptelike Webwerf www.sarajevo.ba

Sarajevo (Cyrillies: Сарајево, [sǎrajeʋo]) is die hoofstad en met 'n bevolking van 448 646 ook die grootste stad van Bosnië en Herzegowina. Die stad is langs die Miljacka-rivier in die Sarajevo-vallei geleë en word deur die Dinariese Alpe omring.

'n Uitsig oor Sarajevo

Sarajevo het vroeër veral vir sy godsdienstige diversiteit bekend gestaan. Hier het aanhangers van Islam, die Ortodokse Christendom, Katolisisme en Judaïsme eeue lank vreedsaam saamgeleef.

Alhoewel die eerste menslike nedersettings in die gebied in die prehistoriese tydperk terugstrek, het die moderne Sarajevo uit 'n 15de eeuse Ottomaanse vesting ontstaan. Die stad het verskeie kere in sy geskiedenis internasionale aandag getrek. Die moord op aartshertog Frans Ferdinand van Oostenryk en sy vrou Sophie in 1914 was die vonk wat die Eerste Wêreldoorlog laat ontvlam het. Sewentig jaar later het Sarajevo as die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele opgetree. Die beleg van Sarajevo tydens die Bosniese onafhanklikheidsoorlog tussen 1992 en 1996 vorm een van die donkerste periodes uit die geskiedenis van die stad.

Die heropbou duur steeds voort, maar Sarajevo is lankal die beduidendste kulturele en ekonomiese sentrum in Bosnië en Herzegowina.


Previous Page Next Page






Sarajevo ACE Sarajevo ALS ሳራዬቮ AM Sarajevo AN Saragefo ANG سراييفو Arabic صاراييڤو ARY ساراييفو ARZ Sarayevu AST Сараево AV

Responsive image

Responsive image