Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Satoshi Nakamoto

Borsbeeld van Satoshi Nakamoto, skepper van bitcoin, opgerig in die Graphisoft Park in Boedapest. Die standbeeld gemaak van brons en aluminiumlegering deur Tamás Gilly en Réka Gergely is op 16 September 2021 op inisiatief van die Hongaarse Kripto Akademie ingewy. (Boedapest, Distrik III, Záhonystraat)

Satoshi Nakamoto is die skuilnaam wat gebruik word deur[1][2][3][4] ‘n persoon of persone wat Bitcoin ontwikkel het, die bitcoin-witskrif geskryf het, en bitcoin se oorspronklike verwysingsimplementering geskep en ontplooi het.[5] As deel van die implementering het Nakamoto ook die eerste blokkettingdatabasis ontwerp.[6] Nakamoto was aktief in die ontwikkeling van bitcoin tot Desember 2010.[7]

Daar is wydverspreide spekulasie oor Satoshi Nakamoto se ware identiteit, met verskeie mense wat as die persoon of persone agter die naam voorgehou word. Alhoewel Nakamoto se naam Japannees is, en hy het in 2012 gesê dat hy 'n man was wat in Japan woon,[8] het die meeste van die spekulasie sagteware- en kriptografie-kundiges in die Verenigde State of Europa betrek.

  1. "The misidentification of Satoshi Nakamoto". theweek.com. 30 Junie 2015. Besoek op 22 Julie 2019.
  2. Kharif, Olga (23 April 2019). "John McAfee Vows to Unmask Crypto's Satoshi Nakamoto, Then Backs Off". Bloomberg.
  3. "Who Is Satoshi Nakamoto, Inventor of Bitcoin? It Doesn't Matter". Fortune (in Engels). Besoek op 22 Julie 2019.
  4. Bearman, Sophie (27 Oktober 2017). "Bitcoin's creator may be worth $6 billion — but people still don't know who it is". CNBC (in Engels). Besoek op 22 Julie 2019.
  5. S., L. (2 November 2015). "Who is Satoshi Nakamoto?". The Economist explains. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 3 November 2015.
  6. Economist Staff (31 Oktober 2015). "Blockchains: The great chain of being sure about things". The Economist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2016. Besoek op 18 Junie 2016.
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Wired
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ning

Previous Page Next Page