Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Saturn V

Die laaste bemande Saturn V-vuurpyl, hier gebruik vir Apollo 17 se lansering.

Saturn V is ’n Amerikaanse vuurpyl wat van 1966 tot 1973 deur NASA in die Apollo- en die Skylab-program gebruik is. Dit is ’n eenmalige lanseringsvoertuig wat nie weer gebruik kan word nie. Dit is die kragtigste vuurpyl wat nog in ruimtevaart gebruik is en bly tot vandag die enigste vuurpyl wat ’n bemande vlug na ’n lae aardwentelbaan (buite die invloedsfeer van die aarde) geneem het tydens die Apollo-program. Die vuurpyl is ontwikkel om die Apollo-maanlandings moontlik te maak, maar is ook gebruik om die Skylab-ruimtestasie na ’n lae aardwentelbaan te lanseer. Dit is die grootste vuurpyl in die Saturn-vuurpylreeks. Dit is op 9 November 1967 die eerste keer vir Apollo 4 gebruik.

Fase 1 bestaan uit vyf F-1 vuurpylmotors.

’n Saturn V op uitstalling voor die Lyndon B. Johnson-ruimtesentrum.

Die vuurpyl is onder leiding van Wernher von Braun en Arthur Rudolph ontwerp.


Previous Page Next Page






Saturn V AN ساتورن 5 Arabic Saturn V AST Saturn V AZ ساتورن ۵ AZB Сатурн V BE-X-OLD Сатурн V Bulgarian স্যাটার্ন ফাইভ Bengali/Bangla Saturn V Catalan Saturn V Czech

Responsive image

Responsive image