Sauropterygia | |
---|---|
'n Verskeidenheid Sauropterygia. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Reptilia |
Klade: | Pantestudines (?) |
Superorde: | †Sauropterygia Owen, 1860 |
Subgroepe | |
|
Sauropterygia ("akkedis-pootswemmers") is 'n uitgestorwe takson uiteenlopende waterreptiele wat sowat 247 miljoen jaar gelede, kort ná die Perm-Trias-uitwissing, uit aardvoorsate ontwikkel het[1] en in die Trias floreer het voordat almal behalwe die Plesiosauria aan die einde van dié periode uitgesterf het. Die plesiosouriërs het bly diversifiseer tot aan die einde van die Mesosoïkum.
Sauropterygia word gekenmerk deur 'n radikale aanpassing van hulle skouergordel om hulle sterk swempoothale te ondersteun. Sommige latere lede van Sauropterygia, soos die Pliosauria, het 'n soortgelyke meganisme in hulle bekken ontwikkel.