Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Scandinavian Airlines

Scandinavian Airlines
IATA ICAO Roepteken
SK SAS SCANDINAVIAN
Gestig1 Augustus 1946 (1946-08-01)
AOC #SCA.AOC.001E
Hoofspille
LojaliteitsprogramEuroBonus
AlliansieStar Alliance
Subsidiêre
  • SAS Connect
  • SAS Link
Vlootgrootte124
Bestemmings125[1]
HouermaatskappySAS Group
HoofkantoorSolna, Stockholm, Swede
Sleutelpersone
  • Carsten Dilling, voorsitter
  • Anko van der Werff, HUB
OmsetSEK 46,736 miljoen[2]
Webwerfflysas.com

Scandinavian Airlines, meer algemeen bekend as SAS, is die vlagdraer van Denemarke, Noorweë en Swede.[3] SAS is 'n afkorting van die maatskappy se volle naam, Scandinavian Airlines System[4] of wettiglik Scandinavian Airlines System Denmark-Norway-Sweden.[5]

Die lugredery vorm deel van die SAS-groep met sy hoofkwartier by die SAS Frösundavik-kantoorgebou in Solna, Swede, en bedryf 124 vliegtuie na 125 bestemmings (teen 2023).[1][6] Die lugredery se hoofkern is by Kopenhagen-Kastrup-lughawe, met verbindings na 109 bestemmings regoor die wêreld. Stockholm Arlanda-lughawe (met 106 bestemmings) is die tweede grootste spilpunt, met Oslo-lughawe (Gardermoen) die derde groot spilpunt van SAS.[7] Klein spilpunte bestaan ook by Bergen-lughawe, Flesland, Göteborg Landvetter-lughawe, Stavanger-lughawe en Trondheim-lughawe.

SAS Cargo is 'n onafhanklike, volfiliaal van Scandinavian Airlines met sy hoofkantoor op die Kopenhagen Lughawe.

  1. 1,0 1,1 "SAS Scandinavian Airlines on ch-aviation.com". ch-aviation.com. Besoek op 21 November 2023.
  2. "SAS Annual and Sustainability Report - Fiscal Year 2019" (PDF).
  3. "Profile for SAS". Centre for Aviation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2012. Besoek op 22 Augustus 2012.
  4. "History milestones - SAS". www.sasgroup.net.
  5. "Scandinavian Airlines System Denmark-Norway-Sweden". proff.dk (in Deens). Proff Danmark. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2019. Besoek op 25 April 2019.
  6. "SAS Scandinavian Airlines - Sas Scandinavian Airlines Information & Bookings Online - Musafir". www.musafir.com. Besoek op 6 Desember 2019.
  7. "Route map - SAS" (PDF). Flysas.com. Besoek op 17 Maart 2014.

Previous Page Next Page