Sewernaja Zemlja Inheemse naam: Се́верная Земля́ | |
---|---|
![]() Nasa-Satellietbeeld van Sewernaja Zemlja | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 79°30′N 97°15′O / 79.500°N 97.250°O
|
Totale eilande | 30 |
Hoofeilande | Oktoberrewolusie-eiland, Bolsjewik-eiland, Komsomoletseiland |
Oppervlakte | 37 000 vk km |
Hoogste punt | Berg Karpinsky 965 m |
Administrasie | |
![]() | |
Federale distrik | Siberiese |
Krai | ![]()
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Sewernaja Zemlja (Russies: Се́верная Земля́, [ˈsʲevʲɪrnəjə zʲɪˈmlʲa]; letterlik: "Noordland") is 'n eilandgroep in die Arktiese Oseaan. Die argipel is noord van Siberië, oos van Franz Josef-land, noordoos van Nowaja Zemlja, noordwes van die Nieu-Siberiese Eilande en suid van die Noordpool geleë. Dit grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, die Karasee in die suidweste en die Laptefsee in die suidooste.
Sewernaja Zemlja is onbewoon en groot dele is met ys bedek; die res word deur toendra oorheers. Die argipel behoort administratief aan die Krasnojarsk-krai van die Siberiese Federale Distrik.[1]
Die eilandgroep is in 1913 deur Boris Wilkizki ontdek en Sewernaja Zemlja is in 1930–1932 gekarteer, waarmee dit die laaste groot argipel op aarde geword het, wat verken is.[2] Die hele eilandgroep is oorspronklik na die destydse tsaar Nikolaas II van Rusland Nikolaus-II-land (Russies: Земля Николая II) en enkele eilande – indien hulle erken is – na heiliges van die Russies-Ortodokse Kerk genoem. In 1926 is hulle egter, op besluit van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (KPSU), hernoem. In 2007 het 'n poging om weer na die ou name terug te keer by die plaaslike parlement van die Krasnojarsk-krai misluk.[3]
Sewernaja Semlja bestaan uit die volgende eilande: