Sherbrooke | |
---|---|
Stad | |
![]() | |
Byname: Queen of the Eastern Townships | |
Leuse(s): Ne quid nimis | |
Koördinate: 45°24′00″N 71°53′03″W / 45.40000°N 71.88417°W | |
Land | ![]() |
Provinsie | Quebec |
Region | Estrie |
Stigting | 1802 |
Geïnkorporeer op | 1 Januarie 2002 |
Regering | |
• Burgemeester | Bernard Sévigny |
Oppervlak | |
• Land | 353,49 km2 (136,48 vk. myl) |
• Metro | 1 459,61 km2 (563,56 vk. myl) |
Hoogte | 128−378 m (420−1 240 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 154 601 |
• Digtheid | 437,4/km2 (1 133/vk. myl) |
• Metro | 201 890 |
• Metrodigtheid | 183,3/km2 (475/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | J1E, J1G, J1H, J1J, J1K,
J1L, J1M, J1N, J1R |
Skakelkodes | 819 |
Webwerf | ville.sherbrooke.qc.ca |
Sherbrooke is 'n stad in die suidooste van die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec met 154 601 inwoners (2011). Dit is die grootste stad in die Estrie-gebied en die vierde grootste metropolitaanse gebied in die provinsie. Sherbrooke is die ekonomiese, politieke, kulturele en opvoedkundige spilpunt van Estrie (in Engels bekend as die Eastern Townships). In die vroeë 20ste eeu is na die stad verwys as The Queen of the Eastern Townships.
Die nedersetting is deur Engelssprekende lojaliste uit die Dertien Kolonies gestig en het oorspronklik as Hyatt's Mill bekendgestaan. Dit is in 1818 hernoem tot Sherbrooke - ter ere van Sir John Sherbrooke (1764-1840), 'n Britse generaal wat as luitenant-goewerneur van Nova Scotia (1812-1816) en goewerneur-generaal van Brits-Noord-Amerika gedien het (1816-1818).