Shingwedzirivier Xingwidzi of Tshingwedzi | |
---|---|
![]() | |
Stroomgebied | Suid-Afrika en Mosambiek |
Oorsprong | Oos-suidoos van Thohoyandou |
Monding | Olifantsrivier |
Monding-hoogte | 86 m |
Koördinate: 23°5′24″S 31°24′43″O / 23.09000°S 31.41194°O |
Die Shingwedzirivier (ook Xingwedzi in moderne Tsonga-ortografie[1]) is 'n rivier in Limpopo-provinsie, Suid-Afrika en Gaza-provinsie, Mosambiek.
Die rivier dreineer die plato aan die suidoostelike kant van die Soutpansberg.[2] Die oorsprong is ongeveer 40 km oos-suidoos van Thohoyandou. Dit vloei in 'n oostelike rigting deur die Laeveld en daarna deur die Krugerwildtuin.[3]
Die Shingwedzi is 'n linkerhand-takrivier van die Olifantsrivier wat 12 km stroomaf van die Massingirdam aansluit by die Olifantsrivier, daarna die Limpopo, voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noordoos van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond.[4]
Oorbeweiding en besproeiing langs die rivier het deur die jare erge gronderosie veroorsaak, veral na harde reënbuie.[5]
Die rivierbedding is 'n puik plek om vir Savanne-olifante op die uitkyk te wees, aangesien teeltroppe van 50 tot 60 algemeen hier waargeneem word.[6]