Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Sibusiso Bengu

Sibusiso Bengu
Sibusiso Bengu
Bengu in 2007.

Ambassadeur in Duitsland
Ampstermyn
1999 – 2003
President Thabo Mbeki

Minister van Onderwys
Ampstermyn
Mei 1994 – 1999
President Nelson Mandela

Persoonlike besonderhede
Gebore (1934-05-08)8 Mei 1934
Kranskop, Natal
Sterf 30 Desember 2024 (op 90)
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Funeka Bengu
Kind(ers) 3
Alma mater Geneva Graduate Institute
Professie Onderwyser, politikus

Sibusiso Mandlenkosi Emmanuel Bengu (8 Mei 1934 – 30 Desember 2024)[1][2] was 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige Minister van Onderwys.

Bengu is gebore in Kranskop, Natal en word in 1952 'n onderwyser. Sibusiso het in 1969 die Hoërskool Dlangezwa naby Empangeni gestig en was tot 1976 skoolhoof. Hy het in 1974 'n PhD in politieke wetenskappe aan die Graduate Institute of International Studies in Genève voltooi en in 1977 word hy aangestel as professor aan die Universiteit van Zoeloeland. Hy het as sekretaris-generaal van die Inkatha-Vryheidsparty gedien, maar het weens verskille met Mangosuthu Buthelezi gebots.

Bengu verlaat Suid-Afrika in 1978 en dien as sekretaris vir navorsing en maatskaplike optrede vir die Lutheran World Foundation. Terwyl hy in die buiteland is, ontmoet hy Oliver Tambo, destyds waarnemende president van die African National Congress. Hy keer in 1991 terug om die eerste swart visekanselier van 'n Suid-Afrikaanse universiteit, die Universiteit van Fort Hare, te word. Bengu word in 1994 aangestel as Minister van Onderwys en dien in die pos totdat hy in Duitsland ontplooi is as Suid-Afrikaanse ambassadeur in 1999.

Hy was getroud met Funeka en het vier dogters en 'n seun gehad. Hy sterf (90) op 30 Desember 2024 in sy slaap.[2]

  1. http://www.sahistory.org.za/people/sibusiso-bengu
  2. 2,0 2,1 Sibusiso Bengu sterf netwerk24 31 Desember 2024

Previous Page Next Page






سيبوسيسو بينجو ARZ Sibusiso Bengu German Sibusiso Bengu English Sibusiso Bengu IG

Responsive image

Responsive image