Die Skotse predikante in die NG Kerk was altesaam 25 predikante van die Skotse Presbiteriaanse Kerk wat van 1818 tot 1836 en weer van 1862 tot 1867 na Suid-Afrika gekom het, aanvanklik om die tekort aan predikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te help aanvul en veral die koloniale regering se verengelsingsbeleid stukrag te gee, maar later om die sogenaamde liberale neigings onder predikante wat in Nederland opgelei is, teë te werk.