Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Skylab 2

Paul J. Weitz, (links) Charles Conrad Jr. (middel); en Joseph P. Kerwin (regs); voor die Skylab-stasie op sy Saturn V

Skylab 2 (ook SL-2 en SLM-1[1]) was die eerste bemande sending na Skylab, die eerste Amerikaanse wentelbaan -ruimtestasie. Die sending is op 25 Mei 1973 op 'n Apollo-beheer-en-diensmodule deur 'n Saturn IB-vuurpyl gelanseer en het NASA-ruimtevaarders Pete Conrad, Joseph P. Kerwin, Paul J. Weitz na die stasie geneem.[2] Die naam Skylab 2 verwys ook na die voertuig wat vir daardie missie gebruik is. Die Skylab 2-sending het 'n agt-en-twintig dae rekord vir menslike ruimtevlugtydperk opgestel. Verder was sy bemanning die eerste ruimtestasiebewoners ooit wat veilig na die aarde teruggekeer het – die enigste vorige ruimtestasiebewoners, die bemanning van die 1971 Soyuz 11-sending wat die Saljoet 1-stasie vir vier-en-twintig dae lank beman het, het by herbetreding gesterf a.g.v. onverwagte kajuitdrukverlaging.

Skylab het die weg gebaan vir die Internasionale Ruimtestasie.

Die bemande Skylab-missies is amptelik aangewys as Skylab 2, 3 en 4. Wankommunikasie oor die nommering het daartoe gelei dat die sending-embleme onderskeidelik "Skylab I", "Skylab II" en "Skylab 3" lees.[1]

  1. 1,0 1,1 "Skylab Numbering Fiasco". Living in Space. William Pogue Official WebSite. 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2009. Besoek op 7 Februarie 2009.
  2. "Skylab 2 (1973)". Texas Archive of the Moving Image. Besoek op 29 November 2019.

Previous Page Next Page






سكايلاب 2 Arabic Скайлаб 2 Bulgarian Skylab 2 Czech Skylab 2 Danish Skylab 2 German Skylab 2 English Skylab 2 Spanish اسکای‌لب ۲ FA Skylab 2 French Skylab 2 GL

Responsive image

Responsive image