Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Soedan (gebied)

Die westelike deel van die Soedan in Wes-Afrika
Die oostelike deel van die Soedan in Sentraal- en Oos-Afrika

Die Soedan is 'n geografiese gebied in Wes- en Oos-Sentraal-Afrika wat suid van die Sahel strek van Mali (voorheen bekend as Frans-Soedan) tot in die land Soedan. Die naam "Soedan" is afkomstig van die Arabiese bilād as-sūdān (بلاد السودان) en beteken "land van die swartes", 'n uitdrukking wat ná Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.[1] Dié term is gebruik deur Arabiese handelaars en reisigers in die streek om na die verskeie inheemse swart Afrikakulture en samelewings wat hulle teëgekom het te verwys.[2]

Die Soedan streek oor die lande Benin, Burkina Faso, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Niger, Nigerië, Senegal, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Suid-Soedan, Togo, Tsjad en Uganda. In die gebied woon etniese groepe soos Hausa en Fula wat in historiese tye belangrike ryke gestig het.

Die gebied ontvang meer reënval as die Sahel, en is geskik vir landbou. Suid van Soedan is die tropiese reënwoude geleë. Die gebied beheer twee van Afrika se langste riviere, die Kongorivier en die Nylrivier.

  1. (en) International Association for the History of Religions (1959), Numen, Leiden: EJ Brill, p. 131, "West Africa may be taken as the country stretching from Senegal in the West, to the Cameroons in the East; sometimes it has been called the central and western Sudan, the Bilad as-Sūdan, 'Land of the Blacks', of the Arabs" 
  2. (en) "The Empires of the Western Sudan". Metropolitan Museum of Art. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2023. Besoek op 11 Junie 2023.

Previous Page Next Page