Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Sosiaal-Demokratiese Party

Sosiaal-Demokratiese Party
SPD
Logo van die betrokke party.
Leier Saskia Esken
Lars Klingbeil
Gestig 23 Mei 1863
Hoofkwartier Willy-Brandt-Haus D-10911 Berlyn, Duitsland
Studentevleuel Juso-Hochschulgruppen
Jeugvleuel Jusos
Ideologie Sosiale Demokrasie
Amptelike kleure Rooi

Die Sosiaal-Demokratiese Party (Duits: Sozialdemokratische Partei Deutschlands, [zoˈtsi̯aːldemoˌkʁaːtɪʃə paʁˌtaɪ ˈdɔʏtʃlants]; SPD) is 'n sosiale-demokratiese party in Duitsland. Dit is een van die twee groot partye in Duitsland saam met die Christelik-Demokratiese Unie (CDU). Die SPD is die oudste politieke party in Duitsland. Saskia Esken is sedert 2019 die party se voorsitter en Lars Klingbeil sedert 2021. Die SPD is 'n junior lid van die regerende koalisie saam met die CDU/CSU wat die eerste keer gestig is na die 2013-verkiesing en hernu is in 2017. Die SPD is 'n lid van 11 van die 16 Duitse staatsregerings en 'n toonaangewende vennoot in sewe.[1]

  1. Richard A. Fuchs, Rina Goldenberg. The SPD: Germany's oldest political party (Engels). URL besoek op 28 September 2021.

Previous Page Next Page