Spitsbergen | |
---|---|
Die Suidkus van die eiland Spitsbergen | |
Geografie | |
Ligging | Noordelike Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 78°45′N 16°00′O / 78.750°N 16.000°O |
Argipel | Svalbard
|
Oppervlakte | 39 044 vk km |
Hoogste punt | Newtontoppen 1 713 m |
Administrasie | |
Noorweë | |
Provinsie | Svalbard |
Sysselmann van Svalbard | Odd Olsen Ingerø (2009-)
|
Hoofstad | Longyearbyen |
Grootste stad | Longyearbyen (2 932 (2011)[1])
|
Demografie | |
Bevolking | 2 698
|
Spitsbergen is die grootste eiland van die Noorse eilandgroep Svalbard met 'n oppervlakte van 39 044 km² en 'n bevolking van 2 698.[2] Dit is ook die grootste eiland van Noorweë, die wêreld se 36ste grootste eiland en die enigste een van die argipel, wat permanent bewoon is. Die eiland vorm die westelike deel van die argipel en grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, aan die Groenlandsee in die weste en aan die Noorse See in die suide.
Totdat die Spitsbergenverdrag in 1920 onderteken is, is die hele argipel in Noors Spitsbergen of Westspitsbergen genoem en sedertdien is die amptelike naam daarvan Svalbard.
Die hoofstad en grootste stad is Longyearbyen en die hoogste bergspits is die Newtontoppen met 'n hoogte van 1 1713 m.[3]