Stadhuis van Bloemfontein | |
Die ingang van die Stadhuis van Bloemfontein aan die President Brandstraat | |
Inligting | |
---|---|
Naam | Stadhuis van Bloemfontein |
Dorp/Stad | Bloemfontein |
Land | Suid-Afrika |
Argitek | Gordon Leith |
Kliënt | Bloemfontein-munisipaliteit |
Voltooidatum | 1935 |
Datum gesloop | 2017 (afgebrand) |
Strukturele stelsel | Sandsteen |
Die Stadhuis van Bloemfontein (ook Bloemfontein-stadsaal, Engels: Bloemfontein City Hall) is 'n gebou in Bloemfontein wat die munisipale rade van Bloemfontein gehuisves het. Die gebou is in 1935 voltooi en in 2017 deur vandale afgebrand. Die gebou lê aan die President Brandstraat in die Bloemfonteinse middestad naas die Appèlhof van Suid-Afrika en teenoor die Hertzogplein.