Stephen Hawking | |
Hawking by NASA, 1980's
| |
Geboortenaam | Stephen William Hawking |
---|---|
Gebore | Oxford, Engeland | 8 Januarie 1942
Oorlede | 14 Maart 2018 (op 76) Cambridge, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Algemene relatiwiteit kwantum swaartekrag |
Instelling(s) | Universiteit van Cambridge Kaliforniese Instituut van Tegnologie Perimeter Instituut vir Teoretiese Fisika |
Alma mater | Universiteitskollege, Oxford Trinity Hall, Cambridge |
Doktorale promotor(s) | Dennis Sciama |
Ander akademiese adviseur(s) | Robert Berman |
Doktorale student(e) | Bruce Allen Raphael Bousso Bernard Carr Fay Dowker Christophe Galfard Gary Gibbons Thomas Hertog Raymond Laflamme Don Page Malcolm Perry |
Bekend vir | Hawking-bestraling Penrose-Hawking-stellings A Brief History of Time (1988) |
Toekennings | Adams-prys (1966) FRS (1974) Eddington-medalje (1975) Maxwell-medalje en prys (1976) Heineman-prys (1976) Hughes-medalje (1976) Albert Einstein-toekenning (1978) CBE (1982) RAS Goue Medalje (1985) Dirac-medalje (1987) Wolf-prys (1988) CH (1989) Prins van Asturië-toekenning (1989) Andrew Gemant-toekenning (1998) Naylor-prys en lektoraat (1999) Lilienfeld-prys (1999) Albert-medalje (Royal Society of Arts) (1999) Copley-medalje (2006) Presidential Medal of Freedom (2009) Fundamental Physics Prize (2012) FRSA |
Handtekening | |
Webblad | www.hawking.org.uk |
Stephen William Hawking (8 Januarie 1942 in Oxford, Engeland – 14 Maart 2018) was 'n Britse teoretiese fisikus en kosmoloog. Hy het St. Albans Skool bygewoon en daarna Universiteitskollege Oxford waar hy 'n eersteklas-Honneurs in natuurwetenskappe behaal het. Hy het sy PhD by Cambridge voltooi met navorsing oor die basiese wette wat ons heelal reguleer. Hy het 'n navorsingsgenoot en later 'n professionele genoot geword en sedert 1979 Lucasian professor van wiskunde. As 'n kind het Hawking nie goeie koördinasie gehad nie en kort na sy 21ste verjaardag is hy met motorneuronsiekte gediagnoseer. Aangesien dit ongeneeslik is, het hy rigtingloos gevoel en begin om na Richard Wagner se musiek te luister, maar toe hy vir Jane Wilde ontmoet en later met haar getroud is, het sy lewe verander.
Sy navorsingsgenootskap in teoretiese fisika was 'n loopbaan wat nie te nadelig deur sy siekte geraak is nie. Namate dit erger geword het, het sy reputasie verbeter en omdat dit moeilik was om te loop en sy spraak onduidelik geword het, het hy navorsing gedoen sonder om klas te gee.
Tot 1974 het hy sonder 'n assistent reggekom, maar met die agteruitgang van sy fisiese toestand het Jane hom gehelp en hulle drie kinders grootgemaak. Hulle het navorsingstudente ingeneem om te help en in ruil het die studente sy aandag gekry. In 1985, na longontsteking, het 'n trageotomie-operasie sy stem gekos. Met 'n klein draagbare rekenaar en spraaksintetiseerder wat aan sy rolstoel vas was, het hy sy populêre en wetenskaplike boeke, referate en praatjies gedruk en steeds sy gesinslewe met 'n uitgebreide reis- en lesingprogram gekombineer en navorsing in teoretiese fisika gedoen.
Stephen Hawking het saam met Roger Penrose bewys dat Albert Einstein se algemene teorie van relatiwiteit impliseer dat ruimte en tyd 'n begin in die Oerknal en 'n einde in swartkolke het. Die idee maak dit nodig dat algemene relatiwiteit met kwantumteorie verenig word en dit lei daartoe dat swartkolke nie heeltemal swart moet wees nie, maar straling moet afgee en uiteindelik verdamp en verdwyn. Nog 'n openbarende veronderstelling is dat die heelal geen grens in ideële tyd het nie, wat sou impliseer dat die manier waarop die heelal begin het, heeltemal deur rasionele wetenskapwette, wat ontdek en verstaan kan word, bepaal is.
Hawking het gesê dat ons binne 'n paar jaar behoort te weet of ons kan glo dat ons in 'n heelal woon wat totaal selfonderhoudend en sonder begin of einde is.