'n Stressor is 'n chemiese of biologiese agens, omgewings-toestand, eksterne stimulus of 'n gebeurtenis wat stres veroorsaak in 'n organisme.
Gebeurtenisse wat die stresreaksie kan sneller, sluit die volgende in:
Stressore veroorsaak fisiese, chemiese en geestelike reaksies binne die liggaam. 'n Fisiese stressor produseer meganiese spanning op die vel, bene, ligamente, spiere en senuwees wat weefselvervorming veroorsaak en in uiterste gevalle weefselbreuke. Chemiese spanning veroorsaak ook biomeganiese reaksie wat verband hou met metabolisme en weefselherstel. Fisiese stressore kan pyn veroorsaak en benadeel werkverrigting. Chroniese pyn en gestremdheid wat mediese aandag benodig kan ontstaan as gevolg van uiterste fisiese stressore of indien daar nie voldoende herstel was in die tyd tussen opeenvolgende blootstellings nie.[1][2]
Stressors kan geestelike funksie en prestasie beïnvloed. Een moontlike meganisme behels die stimulasie van die hipotalamus, met kortikotropien-vrystellingsfaktor ("CRF") -> vrystelling van adrenokortikotrofiese hormoon ("ACTH") deur die hipofise -> bynierkorteks skei verskeie streshormone af (bv. kortisol) -> streshormone (tot soveel as 30 entiteite) reis in die bloedstroom na relevante organe bv. kliere, hart, ingewande -> veroorsaak die vlug-of-vegreaksie. Behalwe hierdie vloei is daar 'n alternatiewe pad wat geneem kan word nadat die stressor oorgeplaas is na die hipotalamus, wat lei tot prikkeling van die simpatiese senuweestelsel, waarna die byniermedulla adrenalien afskei.[3] Geestelike en sosiale stressore kan gedrag beïnvloed en hoe individue reageer op fisiese en chemiese stressore.