Suid-Afrika | |||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bynaam/me | Bafana Bafana ("Seuns Seuns" of "gaan Seuns gaan Seuns") | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Tuisveld | ENB-stadion, Soweto, Johannesburg | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kapasiteit | 53 400 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigter | ![]() | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kaptein | Thulani Hlatshwayo | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | CAF | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan vir mans. Die span word deur die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging bestuur. Hulle keer in 1992 tot die wêreldarena terug nadat hulle vir jare deur FIFA verban was. Die vroue-sokkerspan se bynaam is die Banyana-Banyana.[1]
Die span het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied. Bafana Bafana is egter in die groepfase uitgeskakel.
Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys.
Die span word tans deur Hugo Broos afgerig.