Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Suid-Afrikaanse rand

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%

Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.[3] Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini (saam met die lilangeni), Lesotho (saam met die loti) en Namibië (saam met die Namibiese dollar) insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n nieamptelike geldeenheid van Angola (naas die kwanza), Zambië (naas die kwacha) en Zimbabwe (saam met verskeie ander geldeenhede). Die rand is voorheen ook in Botswana (1966–1976), Suidwes-Afrika (1961–1990) asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.

  • 'n Rand word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c)
  • Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke (5c, 10c, 20c, 50c, R1, R2 en R5) en 5 note (R10, R20, R50, R100 en R200). Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
  • Die ISO-geldeenheidkode is ZAR (afgelei van Nederlands: Zuid-Afrikaanse Rand), en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
  • Wisselkoers (12/06/2022): 1 VS$ = 15,86 ZAR, 1 euro = 16,69 ZAR, 1 pond sterling = 19,53 ZAR.[4]
Die ekonomie van Suid-Afrika


Artikels in hierdie reeks:
Ekonomie van Suid-Afrika
Krugerrand
Landbou in Suid-Afrika
Naspers
Suid-Afrikaanse rand

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) Die agtergrond van die Suid-Afrikaanse Rand Geargiveer 17 Mei 2008 op Wayback Machine
  4. (en) Wisselkoers


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "n", but no corresponding <references group="n"/> tag was found


Previous Page Next Page