Die Tacuinum (somtyds Taccuinum) Sanitatis is 'n middel eeuse handboek oor gesondheid, gebaseer op die Taqwim al‑sihha تقويم الصحة ("Tafels van Gesondheid"), 'n elfde-eeuse Arabiese mediese verhandeling deur Ibn Butlan van Bagdad; dit bestaan in verskillende Latynse weergawes, waar die manuskripte uitbundig geïllustreer is. Alhoewel die voordele en skadelike eienskappe van kosse en plante in die fynste besonderhede beskryf word, is dit veel meer as slegs 'n kruieboek. Dit stel ses essensiële elemente voor vir welvaart:
Volgens die boek is siektes die uitslag van wanbalanse van hierdie elemente, daarom is 'n gesonde lewe 'n lewe in harmonie.
Die verhandeling vertaal in Latyn in middel-dertien-eeuse Palermo, waar dit 'n Italies-Normandiese tradisie voort dra as een van die hoof plekke van vreedsame inter-kulturele kontak tussen die Islamitiese en Europese wêrelde.
Die Tacuinum was baie populêr in Wes-Europa in die Laat Middeleeue; 'n indikasie van die gewildheid is die gebruik van die woord taccuino in moderne Italiaans om te bedoel enige soort sak handboek, gids of notaboek.
In byvoeging tot sy belangrikheid vir sy studie van middeleeuse medisyne, is die Tacuinum ook van belang in die studie van boerdery en kook; byvoorbeeld, die vroegste herkenbare beeld van 'n wortel — 'n moderne plant; word daarin gevind.