Tadmoer تدمر | |
---|---|
Stad | |
Die moderne stad Tadmoer. | |
Koördinate: 34°33′36″N 38°16′02″O / 34.56°N 38.2672°O | |
Hoogte | 405 m (1 329 ft) |
Bevolking Sensus 2004 | |
• Totaal | 51 323 |
Tadmoer (Arabies: تدمر; ook gespel Tadmor; in baie tale bekend as Palmyra) is ’n stad in Sentraal-Sirië in die Homs-goewernement. Dit is in ’n oase in die middel van die Siriese Woestyn geleë, sowat 215 km noordoos van die hoofstad, Damaskus[1] en 180 km suidwes van die Eufraatrivier. Die antieke ruïnes van die antieke stad Palmyra, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, is sowat 500 m suidwes van Tadmoer.[2] Die stad is relatief geïsoleer; die naaste nedersettings is Arak in die ooste, al-Sukhnah in die noordooste, Tiyas in die weste en al-Qaryatayn in die suidweste.
Tadmoer is die administratiewe hoofstad van die Tadmoerdistrik en die Tadmoersubdistrik. Die stad het in 2004 ’n inwonertal van 51 323 gehad.[3] Tydens die Siriese Burgeroorlog het die stad se inwonertal aansienlik toegeneem vanweë vlugtelinge uit ander dele van die land.[4]